You are here

Staff Directory

Ds. Riaan Steyn
Leraar
Phone: 
014 592 0116

Selfoon

082 851 7310

About Me

Ds. Adriaan Louis Steyn (Riaan) is gebore op 9 Oktober 1966. Sy ouers is mense wat die Here ken en met oorgawe dien. Hulle is beginselvaste mense wat hulself aan ander gee en hul geloof leef; konsekwent en sonder vrees. Dit is hierdie beginsels waarop ds. Riaan later sy lewe en roeping sou bou.

Hy begin sy skoolloopbaan in 1973 te Laerskool A.G. Visser op Rensburg in Transvaal. Sy hoërskoolloopbaan voltooi hy te Hoër Volkskool in 1984 op Heidelberg in Transvaal.

In die weermag onderskei hy homself en ontvang onder andere die Trofee as mees Waardevolle Offisier van 1998, Presteerder van die Maand en die Sein Formasie Trofee. Sy leierskapsrolle in die weermag was Offisier, Eenheidsbevelvoerder, Offisiersforum segsman en Verhooroffisier.

Ds. Riaan het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy behaal die volgende grade nl. B-Th, B-Th (Teol) Hons en M Div. Hy voltooi ook verskeie ander kursusse, onder andere Huwelik- en Gesinsvoorligting en Beraad, Positiewe Ouerskap, Mentorskap, Begeleier vir Predikante en Geestelike begeleier.

Ds. Riaan het 16 jaar in Pretoria gewoon en gewerk, 6 jaar in voltydse bediening van NG Doornpoort, waar hy deel was van ‘n span van vyf predikante. Van daar is hulle na Port Alfred, waar hy leraar in die Dias Gemeente was tot Januarie 2014.

Ds. Riaan is uiters sportief en het onder andere die Comrades en die Twee Oseane marathons al tien maal voltooi!

Sy wederhelf, Anneke Steyn, is ‘n diep gelowige en lojale mens. Anneke is ‘n onderwyseres van beroep en het reeds meer as 20 jaar diens. Daar is twee spruite, Hanli en Louis.