NUWE INTREKKERS:
BEGRAFNISSE:
- U moet self met die begrafnisondernemer reël vir die begrafnis.
- U is welkom om liedere of teksgedeeltes voor te stel. Die leraar sal dit, indien moontlik gebruik.
- U moet asseblief seker maak dat u dienswerker weet.
- Reël met die kantoor indien tee en toebroodjies bedien moet word.
- Indien u van kerse tydens diens gebruik maak moet u asseblief self sorg dat alle was wat gestort het na die tyd opgeruim word.
MUUR VAN HERINNERING:
Gun u geliefde 'n laaste rusplek in die muur van Herinnering wat gelëe is op die kerk terrein. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting.
HUWELIKE:
- Reël asseblief ten minste een maand voor die tyd by die leraar.
- Bespreek die kerk so gou moontlik by die kantoor, deur 'n vorm in te voltooi en 'n deposito te betaal.
- U is welkom om u eie musiek, liedere en teksgedeelltes voor te stel. Die leraar en orrelis sal dit, indien moontlik gebruik.
- U moet asseblief met u fotograaf reël dat daar geen bewegende mense of flitsligte tydens die erediensgedeelte is nie.
- Indien u van kerse in u rangskikking gebruik maak moet u asseblief self sorg dat alle was wat gestort het na die tyd opgeruim word.
- Gebruik asseblief slegs "streamers" of blomblare buite die kerkgebou. Indien confetti gebruik word, is die bruidspaar verantwoordelik vir die opruim daarvan.
TARIEWE:
Lidmate in die gemeente vir 'n jaar of langer
-
Leraar: R650.00 + reisgeld indien van toepassing
-
Orrelis: R350.00
-
Koster: R400.00
- Klank: R250.00
Lidmate in die gemeente vir minder as 'n jaar en nie-Lidmate: R5 000
NEEM KENNIS: Tariewe onderhewig aan hersiening.
BANK BESONDERHEDE:
ABSA Bank
Rekening Nommer: 1220580128