
Jesus Leef en ons met Hom
'n Verduideliking / uiteensetting van die kerk se embleem:
- Sewe mensfigure wat hande hou en ook aan die kruis (Jesus) vashou.
- Getal sewe in die som van die getalle drie en vier.
- Getal drie verwys na die Drie-enige God. Getal vier verwys na die vier windstreke wat die aarde en die hemel en die onbegryplike grootheid van God en Sy skepping voorstel.
- Die figure hou hande vas wat die eenheid en liefde van gelowiges as die liggaam van Christus op aarde voorstel.

- DIE HAND: God hou ons in Sy hande.
- DIE KRUIS: Jesus is ons Verlosser. Ons gemeente fokus op God.
- DIE FIGURE: Ons is 'n kerk vir gesinne.
- DIE STREPE : Ons moet brûe bou tussen ons en ander.