SONDAG OGGEND
Erediens om 09:00.
KATEGESE
Juniors (Graad R - 6) word tydens die erediens uitgeroep na hulle klasse. Die lesmateriaal wat aangebied word deur kategete skakel in met die preek en die week se geloofsgymnasium. Die seniors (Graad 7 - 10) gaan hulle klasse na afloop van die erediens waar hulle lesmateriaal hanteer gebaseer op die preek en die week se geloofs gymnasium, die les word gelei deur kategete.
BYBEL STUDIE
Bybelstudie vind plaas op Maandag oggend om 09:30 by Huis Sering in die sitkamer, Woensdag oggend om 09:00 in die Koffiekamer en Woensdag aand om 17:30 in die Konsistorie. Almal is welkom.
MANNEBIDUUR
Vrydag oggende om 06:00 vergader die manne van die gemeente saam in die Koffiekamer en loof en prys die Heer deur middel van gebed.