Hier is 'n paar skakels na ander webtuistes wat u kan volg vir meer inligting:
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
Bybel-Media dra die boodskap van die Bybel uit deur van soveel as moontlik beskikbare media gebruik te maak. Dit vervaardig produkte van hoë kwaliteit om gelowiges geestelik toe te rus en mense met die evangelie van Christus te bereik. Verder voorsien dit in die mediabehoeftes van die kerk in die breë en die NG Kerk in die besonder.
Nederduitse Gereformeerde Kerk
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) bestaan as organisasie uit tien (10) sinodes. Nege sinodes is in Suid-Afrika. Die tiende Sinode is in Namibië. Die sinodes se grense volg min of meer die van die provinsies van die land.
Amptelike webblad van die Noordelike sinode van die NG Kerk.
Welkom by die amptelike tuiste van die 1933/53-, die 1983-vertaling en Bybel vir almal op die Internet. Die Bybelgenootskap wil graag mense aanmoedig om die Bybel te lees en te bestudeer - dit sluit jou in. Ons gebed is dat mense wat hierdie webwerf besoek in die geloof sal groei. Mag hierdie vertalings van die Bybel vir jou tot seën wees.
FEBA, ‘n lid van FEBC (Far East Broadcasting Company), is ‘n interkerklike mediabediening, waarvan die uitsluitlike doel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus aan die wêreld te verkondig deur radio, die internet en opkomende tegnologieë. Tans ondersteun en bedryf FEBA/FEBC se wêreldwye bedieningsnetwerk meer as 149 FM/AM-stasies in 50 lande wat programme in meer as 141 etniese tale vervaardig. Daarbenewens het ons ook multimedia-ateljees wat op sleutelplekke regoor die wêreld geleë is, waar ons kernfokus op die vervaardiging van boeiende inhoud vir gebruik op verskillende kommunikasieplatforms is. Ons missie is om die Evangelie van Jesus Christus uit te saai aan mense regoor die wêreld wat geïsoleer is deur ekonomiese, opvoedkundige, geografiese, politieke en godsdienstige hindernisse. Baie van hierdie “vergete mense” van die samelewing is in lande met geweldige politieke en kulturele teenkanting teen die Evangelie en het dus beperkte toegang tot Christelike hulpbronne.