Slaan oor na hoofinhoud

ngrbsuid@gmail.com | +27 14 592 2419 | +27 71 436 0102

Weeklikse Aktiwiteite

SONDAG

Erediens om 09:00.  Geen aanddiens.

KATEGESE

Juniors (Graad R - 6) word tydens die erediens uitgeroep na hulle klasse, die les word gelei deur kategete.

Seniors (Graad 7 - 10) gaan hulle klasse na afloop van die erediens, die les word gelei deur kategete.

BYBEL STUDIE

Bybelstudie vind plaas Woensdag oggend om 09:00 in die Koffiekamer

Koeverte in die rakkies by deure

Vir u gerief is die volgende koeverte beskikbaar is die rakkies by die deure:

  • Bruin koeverte daar is twee tipes:
    • Maandelikse bydrae - dit is die een wat u voorop invul
    • Geloofsoffers - net 'n embleem
       
  • Wit koevert
    • Tiendemaand dankoffers.

Die koeverte kan dan in kollektesak geplaas word tydens opneem van kollekte.

Lidmaatstelsel

Ons wil graag ons lidmaat stelsel op datum hou.  Indien enige van jou besonderhede verander het, stel asb. die kantoor in kennis deur te bel, 'n e-pos te stuur of plaas skrywe in kollektesak.

Indien jy op die verjaarsdaglys iemand se naam sien, wat jy weet verhuis het, stel ons ook asb. in kennis.