Vir u gerief is die volgende koeverte beskikbaar is die rakkies by die deure:
Bruin koeverte daar is twee tipes:
Maandelikse bydrae - dit is die een wat u voorop invul
Geloofsoffers - net 'n embleem
Wit koevert
Tiendemaand dankoffers.
Die koeverte kan dan in kollektesak geplaas word tydens opneem van kollekte.
Lidmaatstelsel
Ons wil graag ons lidmaat stelsel op datum hou. Indien enige van jou besonderhede verander het, stel asb. die kantoor in kennis deur te bel, 'n e-pos te stuur of plaas skrywe in kollektesak.
Indien jy op die verjaarsdaglys iemand se naam sien, wat jy weet verhuis het, stel ons ook asb. in kennis.